Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bakkie kry voete by motorhawe

Bakkie kry voete by motorhawe
 
2005-12-01


’n MOTORHANDELAAR van Wellington het verlede week ’n groot verlies gely, nadat ’n splinternuwe bakkie daar voete gekry het.

Volgens Trevor Roux, eienaar van Hennie Roux Motors in Kerkstraat, het die hele drama heel onskuldig begin met ’n man wat die vertoonlokaal besoek het.

Volgens Roux se bestuurder, Joos van Zyl, was die man wat homself voorgestel het as Steve Maloi, uiters oortuigend as ’n voornemende koper.

Hy het in ’n pruimkleurige Tata voertuig aangekom en ’n skraal man het heeltyd in die motor vir hom gewag.

“Hy was baie goed geklee en het Engels sonder ’n aksent gepraat. Hy het die voertuig, ’n wit 2004 Hi-Lux bakkie, noukeurig deurgegaan en het soos ’n deskundige oor motors gepraat,” het Joos gesê.

“Ek het vir hom die bakkie van binne en buite mooi laat kyk en hy was baie gretig om die voertuig te koop. Ons het selfs oor die prys onderhandel en aangebied om ’n kap teen kosprys by te las.”

Die man het belowe dat hy die volgende dag sou terugkeer met sy vrou en die kontant om die bakkie te koop.

Later die aand tydens die aanskakeling van dié dorp se Kersliggies, het lede van die polisie vir Roux geskakel en in kennis gestel dat hulle so pas ’n bakkie vanuit sy perseel sien ry het. Hy is dadelik daarheen en het besef dat dit juis dié bakkie is wat gesteel is.

Na verdere ondersoek is daar met die hulp van kring-televisie vasgestel dat die Tata tydens die diefstal by die garage gesien is en dat die passasier wat vroeër die dag daarin gesit het, die man was wat die kar oopgesluit het en daarin weggery het.

Dit wil voorkom asof die spaarsleutels vroeër die dag sonder hul wete van die sleutelhouer afgehaal is. Dit is vermoedelik dié sleutel wat gebruik is in die diefstal.

Die polisie is op soek na ’n fris swart man wat netjies geklee is en goeie Engels praat.

Insp Bally Cupido kan met enige inligting geskakel word by 873-1141.

* A wily thief made off with a brand new bakkie at a Wellington garage.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za