Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee swaeltjies maak nie ’n somer nie

Twee swaeltjies maak nie ’n somer nie
 
2005-03-31


GRAAG reageer ek op A Smith se “Lansie gebreek vir amptenare” van 17 Maart. Nie alle amptenare van die Drakenstein Munisipaliteit het dieselfde werketiek soos die twee here wat sy mee geskakel het nie.

Ek het dieselfde probleem, van ‘n vullisdrom wat oorgeslaan is, per
e-pos onder die munisipale bestuurder se aandag probeer bring op 28 Februarie.

Toe ek na 24 uur nog geen terugvoer ontvang het nie het ek my telefonies tot die munisipaliteit se amptenare gewend.

Mev Jacobs het my verseker die e-pos is wel ontvang en deurgegee -‘n dag na sy dit ontvang het - aan die Ingenieursafdeling.

By laasgenoemde afdeling het mev Van Zyl onseker geklink oor die
e-pos, maar dit wel opgespoor toe ek aandring dat sy haar e-posse nagaan.

“Meneer, ek sal dit vir die betrokke persoon gee om te ondersoek.

Die Munisipaliteit sal u skriftelik antwoord op u klagte,” was die enigste antwoord wat ek tot hede oor die aangeleentheid verneem het.

Die drom het vir die res van die week voor my deur op die sypaadjie bly staan met sy onwelriekende inhoud en is eers met die volgende “dromdag” skoongemaak.

Die maaiers en vlieë was al wat fees gevier het oor die toedrag van sake.

As ‘n getroue belastingbetaler wat vir munisipale dienste moet opdok is ek geensins tevrede met die diens wat ek voor moes betaal en nie ontvang het nie.

Indien ander inwoners dieselfde situasies beleef, moet ons ‘n slag saamstaan en weier om die vuillisverwyderingsfooie ten volle te betaal totdat ons ‘n volledige diens ontvang.

Die beginsel van “No work no pay”, wat die regering onlangs met stakende onderwysers toegepas het, behoort hier vir die plaaslike owerheid ook te geld.

D Baard, Paarl



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za