Paulus soek oudstudente
2005-12-01
DIE oudstudentevereniging van Paulus Joubert Sekondêr doen ‘n beroep op alle oudstudente van die skool om by die skool te registreer deur hul kontakbesonderhede na die skool te stuur vir hul databasis.
Oudstudente kan ook alle foto’s, aandenkings en gedenkwaardighede skenk sodat dit bewaar kan word.
Alle inligting of dokumentasie van gebeurtenisse wat tydens u jare op skool plaasgevind het, sal ook verwelkom word.
Die visie van die oudstudente is om die skool se beeld te verbeter. Hulle wil gister se helde vereer en oudstudente op hoogte hou van werksaamhede.
Vir navrae, kontak die skool of Charles Solomons by csolomons@uwc.ac.za of 082-202-3263.
More
News
|