Passiespel in stadsaal
2005-03-31
DIE NG Gemeente Strooidakkerk vier vanjaar die 200ste bestaansjaar van die historiese kerkgebou in die Paarlse Hoofstraat.
Om die 200ste verjaarsdag te vier, sal ’n Passiespel op 16 April om 19:00 en 17 April om 09:00 aangebied word in die stadsaal in samewerking met die Goudini-gemeente.
Toegang is R25 (R10 kinders). Bespreek by Martie Lourens (072-319-4646) of Clara-Mari Basson (084-663-4917).
More
News
|