Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere trap Brakke

Tiere trap Brakke
 
2005-12-01


DIE Tiere van Young Peoples Krieketklub het Saterdag ’n onoorwonne sege van 64 lopies oor Brackenfell op Daljosafat Stadion behaal.

Die tuisspan verloor die loot en word eers om 11:00 ingestuur om te kolf nadat ’n ietwat klammerige blad die aanvang vertraag het.

Gevolglik het elke span ook net 50 beurte tot hul beskikking gehad om lopies te kry.

Peoples behaal 167/8 danksy goeie bydrae deur Edwin Jacobs (30 4x3), Sean Andrews (26 4x2), Imran Nackerdien (22 4x1, 6x1) en Henley Julies (20 4x1, 6x1).

Die besoekers se kolwers is egter nie opgewasse teen die boulaanval van Gercian Gabriels (4/33 in 15bb), Julies (3/49 in 15bb) en Lorenzo Jacobs (3/7 in 3bb) nie.

Slegs Wiaan Smit (34 4x4) kon enigiets met die kolf uitrig vir Brackenfell.

Peoples II het op sy beurt ’n onbesliste uitslag in Brackenfell afgedwing.

Die tuisspan behaal ’n reuse 308.

Slegs Garren Fortuin (2/43 in 9bb) en Sam Titus (3/70 in 14bb) kon die paaltjies vir Peoples laat kantel. Dit was egter swak veldwerk en verbroude vangkanse wat die besoekers duur te staan gekom het.

Op 89/8 was dit bykans ’n uitgemaakte saak dat die besoekers ’n nederlaag in die gesig staar.

’n Onoorwonne vennootskap tussen Fortuin (55nun 4x7) en Titus (45nun 4x8, 6x1) het egter die Paarliete gehelp om 205/8 aan te teken voordat hul 60 boulbeurte verstryk het.

Die derde span het ook hul derby-kragmeting teen Paarl-Oos op Daljosafat Stadion met vier paaltjies gewen.

Paarl-Oos behaal 187, met Randall George (56 4x7) en Koos Liebenberg (43 4x8) aan die spits.

Elmarco Janjala (2/27 in 10bb), Jemaine Williams (2/38 in 9bb) en Marvin Nicholas (4/23 in 8bb) was die kopvel-jagters vir Peoples.

Die tuisspan behaal die teiken met gemak danksy Lindsay Davey (40 4x4), Janjala (42 4x5, 6x1) en Werner Cupido (23nun 4x1, 6x1).
Saterdag speel Peoples I tuis teen Victoriane.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za