Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dit woel by Paarl rugbyklub

Dit woel by Paarl rugbyklub
 
2005-12-01


DIE nuwe bestuur van die Paarl Rugbyklub is vasberade om die span weer een van die top klubs in die WP se eersteliga te maak.

Die klub het die afgelope tyd ’n aggressiewe werwingsveldtog geloods en volgens die klub se woordvoerder, Frans du Toit, is hulle “besig met ’n onderhandelingsproses met 10 nuwe spelers wat in die WP en Boland se eerste liga speel.”

Hy voeg by dat die meeste van hulle Paarl-inwoners is wat hul rugby vir buiteklubs speel.

Woensdag is ’n braaifunksie vir ’n uitsoekgroep spelers, die afrigters en die klubbestuur gehou.

Een van die spelers wat teenwoordig was, was die Sewes-Springbok, Eugene Francis, wat tans vir Delicious op Ceres rugby speel.

Die klub het ook vanjaar ’n nuwe afrigterskorps aangestel.

Die eerste span sal vanjaar deur John Claasen gebrei word. Claasen het tot twee jaar gelede nog vir Paarl se eerste span gespeel, en vanjaar vir die Old Boys uitgedraf.

Hy sal bygestaan word deur Frikkie van Zyl, ’n spesialis agterlyn-afrigter en breier van Hoër Landbouskool se o.19A rugbyspan asook Richard Visagie (spesialis voorspeler-afrigter) wat die afgelope paar jaar Hoër Jongenskool se eerste span afgerig het.

Die Paarl eerste span se bestuurder is Pierre Booysens.

Die tweede span sal deur Gotti Clayton gebrei en Mani Goliath bestuur word, terwyl Heinie Foster die leisels sal oorvat by die derde span. Evert Laubscher sal hier die bestuurder wees.

’n Ope-dag gaan ook gereël word vir die o.20 spelers en die afrigter vir die span sal eersdaags aangestel word.

Volgens Du Toit is die reëlings vir Paarl Rugbyklub se 150ste bestaansjaar-vieringe in 2008 ook al onderweg.

Die klub hoop dan ook om die Nasionale Golden Oldie Toernooi in 2006/7 in die Paarl aan te bied.

“Alle belangstellende rugbyspelers wat wil deel uitmaak van Paarl Rugbyklub se poging om as veelrassige klub te ontwikkel, kan my skakel by 872-3317,” sê Du Toit.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za