Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Atlete slyp in die Paarl

Atlete slyp in die Paarl
 
2005-12-01


BELOWENDE middelafstand-atlete van die Boland het die naweek in alle erns begin voorberei vir die komende seisoen by wyse van ’n oefenkamp wat die naweek op Daljosafat Stadion gehou is.

Meer as 60 van die provinsie se beste middelafstandatlete en hul afrigters het dié driedaagse oefenkliniek bygewoon.

Een van Boland Atletiek se grootste borge, die Suid-Afrikaanse Wyn Industrie Trust (SAWIT), het die kamp befonds as deel van hul program om talentvolle, jong atlete van plattelandse gemeenskappe te help om tot hul volle potensiaal te ontwikkel.

Die atlete en hul breiers is tydens die oefenkamp deur Ian Harries, een van die beste middelafstand-afrigters in Suid-Afrika, onder hande geneem.

Harries het in die afgelope vyf jaar meer as 20 atlete vir internasionale deelname voorberei.

Een van sy groot suksesse is Mbulaeni Mulaudzi, wat danksy sy afrigting in minder as vier jaar goud verower het in die 800m by die 2003 IAAF Wêreld Binnemuurse Baan- en Veldkampioenskappe.
Mulaudzi het dan in dieselfde jaar ’n silwer medalje gewen in die 800m in die IAAF Wêreld Buitemuurse Baan- en Veldkampioenskappe ses maande later. Mulaudzi is ook die huidige Statebond Spele Kampioen.

Verskeie onderwerpe is tydens die oefenkamp aangeraak terwyl die atlete se oefenprogramme bespreek en beplan was.

Daar is ook aandag gegee aan verskillende soorte oefenmetodes, taktiek tydens wedlope en hardlooptegnieke.

Dit was die tweede keer vanjaar wat Ian Harries die Boland middelafstand-atlete en hul afrigters kom raad gee het.

Tydens die vorige oefenkamp in Januarie het Harries die atlete gehelp om hul oefenprogramme só aan te pas dat hulle op die regte tyd op piek vorm is.

Die raad het vrugte afgewerp toe verskeie van dié atlete vanjaar op nasionale vlak medaljes behaal het.

Atlete soos Dwayne Mouries, Henrico Rooi, Gareth Maarman en die Boland se Junior Vroue 10km Span is van die atlete wat die afgelope jaar medaljes ingepalm het by nasionale byeenkomste.

As afsluiting tot die kamp het die atlete Sondagoggend aan ’n 6km wedloop op Franschhoek deelgeneem.

Tydens die volgende oefenkamp wat op 13 en 14 Januarie gehou word, sal daar gekyk word hoe goed die atlete met hul voorseisoense voorbereiding gevorder het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za