Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vyfde eendag-sege vir Boland krieket

Vyfde eendag-sege vir Boland krieket
 
2005-12-01


DIE Boland krieketspan het Sondag sy eendagwedstryd teen die OP gewen, maar het weer aan die kortste ent getrek tydens die voorafgaande driedagwedstryd op Boland Park.

Die driedagstryd is gekenmerk deur swak kolfwerk en die wedstryd is reeds Saterdagoggend met 20 lopies deur die OP beklink.

Albei spanne het reeds op die eerste dag hul eerste kolfbeurt agter die rug gehad met die OP wat 91 aanteken, en die tuisspan wat met 81 antwoord.

Teen uitskeityd was die besoekers op 93/3. Hulle is uiteindelik vir 186 uitgehaal, met die Boland wat slegs 172 in hul tweede beurt kon aanteken.

Volgens die Boland-afrigter, Salieg Nackerdien, was daar ’n bietjie gras op die blad, maar was die hoofoorsaak van die lae tellings, onoordeelkundige kolfwerk deur beide spanne.

Die Boland se Quinton Kannemeyer (70) het die enigste vyftigtal van die wedstryd aangeteken, terwyl Pepler Sandri nege paaltjies (4/24 in 11bb en 5/32 in 20bb) ingepalm het.

Die Boland kon die eendagwedstryd met ses paaltjies gewen het, maar ná ’n kolfineenstorting moes hulle met ’n een paaltjie sege tevrede wees.

Nadat die OP 236 aangeteken het, was Boland op 195/4 heeltemal in beheer van die situasie nadat Clifford Prinsloo (55) en Gerhard Strydom (63) ’n vennootskap van 109 om die eerste paaltjie aangeteken het.

Die val van vyf paaltjies met die verloop van slegs 20 lopies het die Boland in die moeilikheid gedompel, maar gelukkig kon Wallace Albertyn en Bardo Fransman die wa deur die drif trek.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za