Roses United skop seisoen af
2005-03-31
DIE rugbyklub van Roses United sal Saterdag met heelwat selfvertroue uitdraf wanneer hulle in hul eerste wedstryd van die seisoen teen Delicious van Ceres uitdraf.
Roses het Paasnaweek ’n suksesvolle toer na George onderneem en met uitstekende hardlooprugby vir Evergreens 33-3 geklop.
Die Wellingtonners se groot uitblinker was Michael Abrahams wat as losskakel in die wedstryd gespeel het.
Roses is slaggereed vir die span van Ceres en behoort met ’n nuwe en professionele aanslag en aanwinste van provinsiale spelers vanjaar ’n groot faktor te wees in die Boland se A1- ligakompetisie.
Die hekke by die Pelikaanpark-veld open om 13:00 en toegang is R5 per persoon.
More
News
|