Help met handfietse
2005-12-07
DIE organiseerders van die eerste Internasionale Handfietswedren, wat vroeg volgende jaar in die Paarl plaasvind, is dringend op soek na individue en besighede om hulle finansieel te ondersteun.
“Ons benodig R100 000 en het tans nog net R10 000,” sę die organiseerders, Maranda Fourie, Ernst van Dyk en Elrick Kulsen.
“Geld word benodig vir die administrasie en aanbieding van die wedren, prysgeld vir atlete in elke kategorie, bemarking en vervoer van atlete vir twee weke.
“Ons is baie dankbaar vir die besighede, instansies en individue wat reeds bygedra het en hoop hierdie gaan werklik ’n gemeenskapsaksie word.
“Vir ons as die organiseerders van die byeenkoms is dit ’n riem onder die hart om te sien wie almal die belange van die Paarl en gestremde sport op tasbare wyse voorop stel.”
Vrywilligers uit die gemeenskap word benodig wat kan help met die vervoer van gestremde atlete van en na die lughawe, tydens oefenkampe, van en na die groot wedrenne wat plaasvind 4 en 5 Maart, asook van en na die Argus fietstoer op 12 Maart.
Sleepwaens en akkommodasie word ook benodig vir gestremde atlete met hulle assistente.
Besoek die webtuiste (www. handcycling.cp.za) en lees meer oor Paarl Rock Hand Cycling Challenge.
Navrae by Maranda Fourie epos asweetna@absa-ib.co.za of 872-2525 of 082-515-9860.
More
News
|