Kunskalender
2005-12-07
Teaterkafee: Lize Beekman is Saterdag om 20:30 by Dorpstraat op Stellenbosch, en Dinsdag en Woensdag is DNA Strings daar. Donderdag 15 Desember is Helené Bester in konsert, met die Radio Kalahari Orkes op 16 en 17 Desember. Op Dinsdag 20 Desember tree Gian Groen op, met Gert Bekker se Kersvertoning op 22 Desember. Vrydag 23 Desember tree André Swiegers op., Jan Blohm is op 27 en 29 Desember daar en op 28 en 30 Desember is dit Chris Chameleon.. Bespreek by 886-6107.
Aandmarkte: Riaan Ungerer is die gaskunstenaar by môre- en Saterdag se aandmarkte by Southey’s Vines, Hoofstraat, Somerset-Wes. Die markte is van 18:00 tot 22:00. Navrae by Alet Muller, 072-395-5516.
Boekpraatjies: Die laaste gas vanjaar by Protea Boekwinkel (Stellenbosch) is die immergewilde Koos Kombuis. Hy sal Saterdag om 11:00 met Erns Grundling gesels oor sy nuutste publikasie, “Raka - die roman”. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek www. proteaboekhuis.co.za.
Vertoning: Dennis East is Maandag om 19:30 by Club Mykonos. Skakel Pixie by 083-475-9395 of Deon by 083-316-9838.
More
News
|