Sterre kyk en braai
2005-12-07
DIE Orion Observasiegroep (OOG) hou weer vanjaar hulle jaareind-okkasie (gedoop O(OG)kkasie) op Dinsdag 13 Desember by die Wamakersvallei Voortrekkerterrein op Wellington.
OOG, ‘n informele klompie sterrekundebelangstellendes, het onlangs hulle eie webwerf gelanseer (www.saao.ac.za/~wpk/OOG/).
Die datum is gekies om saam te val met ‘n “okkultasie” van die Maan met die Sewe Susters. Pogings gaan dus aangewend word om hierdie redelike seldsame gebeurtenis deur teleskope en verkykers te bekyk.
Alle belangstellendes word uitgenooi om die aand saam te kom geniet. Dit is in die vorm van ‘n bring-en-braai.
Daar is geen toegangsgeld nie maar ‘n donasie om kostes te dek sal waardeer word.
Diegene wat belang stel sal ook geleentheid kry om kosteloos by OOG aan te sluit. Bevestig bywoning by Serena (851-5896).
More
News
|