Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boeremusiek gons

Boeremusiek gons
 
2005-12-08


DIE nuwe boeremusiek-program Saterdagaande om 19:00 op Radio KC is só gewild, dat dit met ’n halfuur verleng is tot 20:30.

Ameen Levy se droom om boeremusiek op sy program te speel, is drie weke gelede deur stasiebestuurder Terence Adams goedgekeur.

Van toe af is die Boland in rep en roer oor dié program.

Ameen vertel dat hy soveel oproepe ontvang dat sy selfoon dit nie kan hanteer nie.

“Gooi nat, ou Donkie!” is deesdae die wagwoord.

* Ameen gaan ook Saterdag 17 Desember ’n groep van 20 kinders onthaal en Kersgeskenke uitdeel.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za