Drie van die Bestes by amfiteater
2005-12-08
DIé naweek word daar weer gekuier op Paarlberg - dié keer in die geselskap van Drie van die Bestes, Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets.
Laatslapers moet spring, want daar is nog ’n beperkte getal kaartjies vir dié heerlike konsert beskikbaar.
“Waar beter wil jy die vakansie begin as op die berg met vriende, lekker kos, van Paarl se voorste wyne en met puik konserte soos nog nooit in die land gesien nie?” vra promotor Gerhard Meyer.
Die Desemberprogram word op 23 Desember afgesluit met Afrikiti, wat die grootste Afrikaanse produksie ooit is met sterre soos Rina Hugo, Sibongile Khumalo, HI 5, Soli Philander en Nina Swart.
Verskeie van die Paarl se voorste wynkelders se wyne sal te koop wees en heerlike geregte word deur ’n verskeidenheid van kosstalletjies verskaf.
Die stalletjies open reeds om 17:00 op elke dag van die konsert.
Bespreek nou jou kaartjies by De Oude Paarl Hotel, 872-1002.
More
News
|