Albions gee All Blacks pak
2005-03-31
DIE eerste span van Albions Rugbyklub het Saterdag sy voorbereiding vir die komende seisoen op ’n hoë nuut afgesluit toe hulle die All Blacks 28-3 geklop het.
Albions het vier drieë ingeryg teen die span van Oudtshoorn, met Fuad February (haker), Yulin Claassen (flank), Ju-Wayne Cyster (senter) en Alvin Hugo (vleuel) wat druk.
Die skopvoet van Ashley Raubenheimer was ook dodelik en hy slaag met alvier doelskoppe.
Hugo, Cyster, Ashley Manuel en Derrick Prins was die uitblinkers in die Paarliete se span, terwyl die jong slot Espen Wambi in die lynstane gewys het dat daar nog baie van hom verwag kan word.
More
News
|