Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is lewens dan so min werd as R300?

Is lewens dan so min werd as R300?
 
2005-12-08


EK lees ons koerant voorverlede week met pyn en seer, dat twee onskuldige kinders moet sterf en twee gesinne in rou gelaat word. Ons as gemeenskap voel dit saam!

Wat my kleine verstand te bowe gaan, is die feit dat ons regstelsel die oortreder vrylaat op so ’n klein borgbedrag. Is ons kinders se lewens so min werd as R300?

Nou gaan die reg hom beskerm deur te noem dat hy regte het.

Ja, hy het natuurlik regte. Soos ook in die tronk waar hy kos, slaapplek en klere ontvang.

Gesondheidsreg, want hulle kry basiese gesondheidsorg op staatsonkoste en word hulle deur die staat beskerm en opgepas.

Wat van die kinders se basiese lewensreg? Die feesdae lê voor.

Hierdie soort bestuurders is ’n gevaar vir die samelewing, want om van ’n ongelukstoneel weg te jaag is mos onwettig, ongevoelig en onmenslik. Net ’n dier laat sy prooi agter na slagting.

Ons sê sterkte aan Abrahams-gesinne. Julle pyn is ons pyn. Gods rykste seën!

Daniel Titus, Wellington

Juanita Williams, Paarlse beheerstaatsaanklaer, antwoord: Borg is nie ’n strafmaatreël nie, dis ’n middel wat verseker dat die beskuldigde die hofverrigtinge sal bywoon. Borg kan toegestaan word aan beskuldigdes met ’n vaste adres en vaste werk. By risiko-gevalle word borg geopponeer. Die aangeklaagde is onskuldig totdat hy skuldig bevind word voor die hof. Hy gaan gestraf word die dag dat hy skuldig bevind word. Die persepsie dat lewe aan ’n bedrag gekoppel word, is verkeerd.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za