Koster dalk deur drie vermoor
2005-12-08
DAAR was moontlik ’n derde modenaar in die kerk op Allerheilige-aand, toe koster Charles Jacobs daar doodgemartel is.
Dié verdagte is dalk in die vriendekring van een van die beskuldigdes, en daarom kan borgtog nie vir Selwyn Adonis oorweeg word nie, het die ondersoekbeampte, insp JT Pietersen, in die landdroshof getuig.
Insp Pietersen het borg geopponeer vir die Keniaan Ewans Marani (28), ’n hawelose met ’n graad in die regte, en Adonis (22), ’n werklose man van Desmorestraat 11, Paarl-Oos.
Die Jacobs-familie en ook die hofgangers het na hul asems gesnak terwyl insp Pietersen die beelde van die beserings opgeroep het.
“Hy moes so seer gehad het, en so lank gely het,” het ’n familielid gesnik.
Jacobs (54) se skedel is met ’n harde hou gekraak. Die beserings aan sy mond en polse toon dat hy lank gesnoer en met sy hande styf agter die rug met elektriese koord vasgebind was.
Hy was waarskynlik later half bewusteloos terwyl sy bors herhaaldelik met ’n skerplem skaapsker deurboor is.
Nêrens is daar tekens dat die koster weerstand gebied het nie.
Daar is op sy rug en bors getrap en sy strottehoof was gebreek.
Laastens is daar ’n groot gat in die regtersy geboor voordat hy in ’n plas bloed, met sy kortbroek om sy kop gewikkel, in ’n stoorkamertjie gelaat is.
Die staatsaanklaer, Chris Abrahams, het borg teengestaan omdat Adonis, met ’n lang rekord van botsings met die gereg, hom “weer gaan skuldig maak” indien hy vrygelaat word.
“Hy kan van die getuies intimideer en getuienis vernietig. Die ondersoek lei nou juis in Adonis se vriendekring na nog moontlike skuldiges,” het hy gesê.
Die hoofbeskuldigde, Marani, “het niks wat hom in in die Paarl hou nie”, het die aanklaer betoog.
“Ná die vervreemding van sy vrou het hy ernstig by die Departement Binnelandse Sake aangeklop om hulp om die land te verlaat. As hy borg kry, sien ons hom nie weer nie.
“Hy is intelligent, opgelei in die regte, vier tale magtig en kan maklik die grens oorglip.”
Landdros Genie Jacobs sal na verwagting vandag uitspraak gee in die borgaansoek.
* The accused in the Paarl East church murder case will hear today whether their bail application has been successful.
More
News
|