Doen aansoek vir skenkings
2005-03-31
DIE Drakenstein stadsraad het in die huidige boekjaar ’n bedrag beskikbaar gestel waaruit skenkings aan verdienstelike plaaslike organisasies gemaak kan word.
Aansoeke sluit op 29 April en organisasies wat aan die nodige vereistes voldoen, kan aansoek vir ’n bydrae vir projekte doen.
Organisasies moet plaaslik gebaseerd wees, nie-winsbejag, a-polities, en hul werk moet direk betrekking hê op die oogmerke en funksies van plaaslike owerhede.
Die voorgeskrewe aansoekvorms is beskikbaar by die burgersentrum in die Paarl, die behuisingskantore in Paarl-Oos en Mbekweni, munisipale kantore op Wellington, Gouda en Saron, asook alle munisipale biblioteke.
Geen lopende- of bedryfsuitgawes sal befonds word nie. Aansoeke moet volledig gemotiveer word en waar nodig moet dit ’n besigheidsplan insluit.
’n Afskrif van die organisasie se grondwet en registrasie by die Departement Maatskaplike Dienste as nie-winsgewende organisasie, moet die aansoek vergesel. Aansoeke moet voor of op 29 April ingedien word by die waarnemende munisipale bestuurder, Khaya Mrali.
More
News
|