Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesin groet vader en seun

Gesin groet vader en seun
 
2005-12-08


DIE vader en sy seun wat saam op hul spogplaas Veenwouden buite die Paarl gesterf het, het ’n passie vir die kunste en vir wyn gedeel.

So het aangedane familielede en vriende Dinsdag in huldeblyke in die St George Presbiteriaanse Kerk op Wellington die sanger Deon van der Walt (47) en sy vader Charles (78) gegroet.

Hartseer snikke van die twee oorlewende broers en hul moeder het saam met ’n opname van Van der Walt waar hy die aria La Fleur uit Carmen sing, in die stampvol kerk geklink.

Die twee mans is saam vereer tydens ’n gedenkdiens terwyl die skok oor die moord van die węreldbekende operasanger en die selfmoord van sy pa, ’n bekende in wynkringe, nog vlak gelę het.

Sheila het verlede Dinsdag op die skiettoneel in ’n slaapkamer van die herehuis op Veenwouden afgekom.

“Ongelukkig het hulle twee soms oor persoonlike sake koppe gestamp en het dié situasie in die hitte van die oomblik handuit geruk,” het ’n hartseer familievriend, Mike Lochner, gesę.

* A memorial service for the slain opera singer Deon van der Walt and his father Charles was held on Tuesday in Wellington.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za