Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motordiewe loop hulle vas

Motordiewe loop hulle vas
 
2005-12-08


’n DOKTER, ’n koerantberig en wakker polisie het die afgelope naweek, ná ’n wilde jaagtog deur die strate van die Paarl, verseker dat die skelmstreke van twee motordiewe tot ’n einde gekom het.

Die verhaal het tien dae gelede begin met ’n bakkie wat uit ’n motorvertoonlokaal in Wellington gesteel is.

’n Welgeklede, welsprekende man het by Hennie Roux Motors voorgegee dat hy ’n Toyota bakkie wou koop.

Dieselfde aand is die einste bakkie gesteel met ’n duplikaatsleutel wat by die vertoonlokaal verdwyn het.

Daardie week het ’n motor by Paarlberg Motors ook voete gekry, nadat twee mans in die voertuig belang gestel het en die sleutels omgeruil het.

Met die hulp van ’n oplettende dokter, wat ’n berig oor die voorval in die Paarl Post gelees het, is ’n derde poging gekelder.

Dr Heinrich Baatjes het Saterdag by Imperial Hyper Cars in Jan van Riebeeckrylaan ’n draai gemaak en twee mans gesien wat met ’n verkoopsman onderhandel.

“Die een man was so goed geklee en het sulke besonderse goeie Engels gepraat, dat ek dadelik die berig in die Paarl Post onthou het oor die vorige week se motordiefstal in Wellington.

“Hulle het weggery in ’n pruimkleurige Tata met Gauteng nommerplate, soos wat berig is, en ek het vir die verkoopsman in kennis gestel,” het die dokter gesê.

Die bestuurder, Jacques le Roux, het die polisie se hulp ingeroep om die vertoonlokaal ná ure dop te hou.

Omstreeks 19:00 is twee mans opgemerk waar hulle die slot van ’n sekuriteitsreling voor die vertoonlokaal afknip, met ’n duplikaatsleutel in ’n bakkie klim en wegry.

Toe hulle besef die polisie is op hul hakke het ’n wilde jaagtog ontstaan. Verskeie skote het geklap.

Volgens kapt André Roziers het die voortvlugtendes met ’n geweldige spoed deur die Paarl gejaag, teen die aankomende verkeer in.

“Ek was bang dat hulle onskuldige omstanders gaan beseer en ek het op hulle bande probeer skiet,” het kapt Roziers gesê.

Die voertuig is uiteindelik tot stilstand gebring in Hoofstraat, Suider-Paarl.

Een van die mans is in ’n boom in Roodeberg Village gevang en die ander een op die plaas De Hoop.

Die mans, van Pretoria, word verbind met verskeie sake van motordiefstal.

* Two car thieves were apprehended after been linked to a Paarl Post report.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za