Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


`Volg die olifante'

`Volg die olifante'
 
2005-12-08


“VOLG die olifante en leer van ander groot Suid-Afrikaanse firmas,” was oudpolitikus Hennie Bester se motivering aan plaaslike kleinsakemanne wat die toekenningsfunksie vir Sakeman van die Jaar van die Wellington Sakekamer bygewoon het.

Die toekenning het hierdie jaar gegaan aan André Smit en Jacques Beukes van die verspreidingsmaatskappy Global Directive Marketing.

Bester, oudskolier van Hugenote Hoër en voormalige Minister van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in die Wes-Kaap, reis deesdae as direkteur van Genesis Analytics reg deur Afrika om besigheidsgeleenthede te fasiliteer.

Volgens Bester kan sakemanne gerus die spoor volg van groter Suid-Afrikaanse maatskappye wat reeds ‘n weg in Afrika gebaan het, sodat hulle ook met die nodige deursettingsvermoë en risiko’s ‘n sinvolle besigheidsgeleentheid op die kontinent kan bedryf.

Volgens hom is daar die afgelope paar jaar ‘n dramatiese Groot Trek van Suid-Afrikaanse besighede wat in ander Afrikalande belê, met die bankwese, mynwese, telekommunikasiebedryf en die kleinhandel wat die beste vertoon.

In 2001 is daar reeds R14,8 biljoen in SADEC-lande belê deur Suid-Afrikaanse firmas.

Die voordeel van besigheid doen oorkant die Limpopo, volgens Bester, is dat sakereëlings nie aan BEE-reëls onderworpe is nie.

Besigheid in Afrika bevoordeel Suid-Afrikaanse firmas weens hul afstand van die markte, die beskikbaarheid van produkte en hulpbronne asook die tegnologiese vernuwing wat vanuit Suid-Afrika voortvloei.

Daarby is Suid-Afrikaanse beleggers vasbyters wat nie sommer afgesit word deur die kontinent se uitdagings nie.

Bester het egter gemaan teen probleme soos regeringsrisiko’s, korrupsie, gebrekkige infrastruktuur en burokrasie waarmee sakemanne rekening moet hou om ‘n sukses te kan maak.

Hy sê dis ‘n goeie tyd om die groeiende verbruikersmark in onder andere Botswana te tap, terwyl daar ook die Chinese en Midde-Oosterse markte is met hul groot aanvraag na kommoditeite soos yster.

Volgens hom is een van die groeiende tendense die verskaffing van sogenaamde “bite size” produkte aan armer verbruikers wat nie kan bekostig om op grootmaat produkte en dienste aan te skaf nie.

Die vooruitbetaalde selfoondienste is volgens hom een van die redes waarom die grootste persentasie groei in selfoongebruikers in Afrika
plaasvind.

Onder die produkte wat tans op hierdie manier in verskeie Afrikalande bemark word, is vooruitbetaalde korttermynversekering.

In Indië weer het ‘n sjampoevervaardiger op ‘n goudmyn afgekom toe begin is om hul produkte in sakkies vir een keer se gebruik te verkoop, wat baie meer bekostigbaar op die korttermyn vir arm kliënte is.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za