Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl lê nou beter in liga

Paarl lê nou beter in liga
 
2005-12-08


DIE krieketspan van Novel Paarl Krieketklub het Saterdag vir Malmesbury aangedurf met verskeie senior spelers wat nie beskikbaar is nie.

Op ’n snikhete dag wen Paarl se kaptein, Zurich Muller, die loot en besluit dat die tuisspan, Malmesbury, eerste moet kolf op ’n effe groenerige kolfblad.

Goeie boulwerk deur die 16-jarige Robin Andrews (2/29 in 10bb) en Clint Philander (0/33 in 11bb) sorg dat die tuisspan teen ’n lopietempo van slegs drie lopies per beurt kolf en ná 22 boulbeurte slegs 69/2 op die telbord het.

Die besoekers se draaiboulers, Alfredo Adams (3/40 in 12bb), Faghrie Jacobs (2/40 in 14bb) en Godfrey Stevens (1/26 in 11bb) knoop behoorlik die sterte van die koringboere se kolwers en sorg dat hulle almal terug in die kleedkamer met nog twee boulbeurte oor en 176 lopies op die telbord.

Die Paarliete se veldwerk was van ’n goeie standaard met twee kolwers wat uitgehardloop word.

Malmesbury se grootste tellings is deur Ulrich Greffrath (59 4x5, 6x1), Alwyn Hanekom (37 4x2) en Hein Robertson (27 4x1, 6x1) aangeteken.

Die Paarliete begin sy kolfbeurt en teken 30/2 aan in die ses kolfbeurte wat hulle moes trotseer voor die aanbreek van die etenspouse.

Ná ete verloor Paarl sy derde paaltjie in die 12de beurt met die telling op 50.

Die twee jongelinge Stevens en Lee-Roy Walters skop egter goed vas en sorg vir ’n vennootskap van 84 lopies om die vierde paaltjie.

Stevens (47 4x4) loop vir die tweede keer ’n vyftigtal mis toe hy sy paaltjie verloor met die telling op 134/4.

Walters (66nun 4x4, 6x1) en Hilton Solomon (24nun 4x4), met ’n vennootskap van 44 lopies sorg dat Paarl die wenlopies in die 46ste boulbeurt aanteken.

Johan Basson (2/43 in 8bb), William Bruintjies (1/24 in 8bb) en Ian Gray (1/5 in 4bb) het vir Malmesbury die paaltjies laat kantel.

Saterdag speel Novel Paarl weg teen Stellenbosch & Distrikte I.

Die tweedespan-wedstryd op die Parys-veld het nie plaasgevind nie aangesien die besoekers nie ’n span in die veld kon stuur nie.

Saterdag speel Paarl II tuis teen Stellenbosch & Distrikte II op Parys-veld en Sondag weg teen Hermanus II. Paarl III speel weg teen Atlantis.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za