Rekord-totaal vir Wellington
2005-12-08
DIE tweede span van Wellington Krieketklub het Saterdag op die Pen Basson-veld die rekordboeke herskryf toe hulle ’n allemintige 404 lopies aangeteken het.
Dit is die grootste totaal wat nog deur enige span in die klub se bestaan aangeteken is. Die vorige rekord-totaal was 401.
Die dag se ster was Nicky Roos, wie se 153 lopies 16 grenshoue en drie sesse ingesluit het.
’n Man wat ook sy oog op die bal gehou het, was Richard Stroebel (118 4x19, 6x2).
Twee blitsige beurte deur Cedric Williams (50 4x1, 6x4) en Christiaan Laubscher (47nun 4x4, 6x3) het ook die totaal help groei.
Wellington se ekonomiese boulwerk het verhoed dat die besoekers enigsins naby die teiken kom.
Hoewel Wynand Lotter (2/29 in 9bb), Hein Seconds (1/19 in 8bb), Alfonso Blom (2/31 in 11bb) en Anele Nanase (2/34 in 12bb) goed geboul het, kon hulle nie die uitklophou plant nie en eindig Vredenburg/Saldanha op 207/8 na hul 60 boulbeurte.
In ’n naelbyter langs die Weskus het die eerste krieketspan gelykop gespeel teen Vredenburg/Saldanha met 169 lopies elk.
Wellington se uitblinkers was Ryan Groeneveld (2/21 in 12bb), Dawie Malan (2/5 in 2bb), Jaco Carstens (2/49 in 13bb), Marnus Hugo (58) en Christo Ritter (38).
More
News
|