Wen met Suidoosterfees
2005-12-14
HIERMEE net ’n lusmaker vir die Suidoosterfees wat soos ’n jong warrelwindjie besig is om momentum op te bou - vir die sterk suidooster der suidoosters!
Hierdie fees word in die Kunstekaap Teaterkompleks, Kaapstad, aangebied van 13 tot 15 Januarie.
Die hele gebou en terrein gaan gebruik word vir opvoerings, dans, musiek, ’n feestuin en nog vele meer.
Professor Jakes Gerwel is die voorsitter van die feesdireksie en Die Burger tree as hoofborg op.
Hoogtepunte van die fees is onder meer Sarah - die verhaal van Saartjie Baartman; Judith Sephuma Jazz konsert; Huisgenoot JOL; You Jazz konsert; Woelag! Jeugprojek; Stoutgatpassie; Boesman en Lena; Grafsteensangers; Bloedbruilof (Spaanse dansopvoering) en Krismis van Map Jacobs.
Die Kaapse klopse gaan gratis optree in die feestuin en die hele naweek word afgesluit met die Sondagaand Distell Konsert waar ’n Kaapse Maleierkoor vir die eerste keer met die Kaapse Filharmoniese Orkes sal optree.
Tydens hierdie geleentheid word die Kaap-Rapport Koor van die Jaar ook aangekondig.
Sien meer inligting op die webwerf www.suidooster.co.za.
WEN KAARTJIES: Lesers van Paarl Post staan ’n kans om gratis kaartjies vir die fees te wen.
Daar is vyf dubbelkaartjies vir die Grafsteensangers (Vrydag 13 Januarie) en nog vyf vir die toneelstuk Moeders en Dogters (Sondag 15 Januarie).
Stuur ’n e-pos aan susanb@paarlpost.co.za en antwoord dié maklike vraag - wanneer is die Suidoosterfees?
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 16 Desember om 17:00. Dui aan in watter opvoering u belang stel.
More
News
|