Spoggerige kunste-aand by skool
2005-12-14
DIE Noorder-Paarl Hoërskool het onlangs ’n geslaagde Aand van die Kunste in die Athlone Musiekskool Ouditorium aangebied, met uitvoerings van “Raka” en “Konsternasie van die Reënboognasie” asook musiekitems.
Volgens skoolhoof Mirinthea Maasdorp het die skool se leerlingtal aangegroei tot 1300, met ’n verminderde onderwyserskorps.
Die skool poog om vennootskappe met alle rolspelers in die opvoedingsproses te bou. Van die korttermyn doelwitte is die uitbreiding van die rekenaarlokaal, waar slegs 25 rekenaars tans die hele skool se leerders moet bedien.
Maasdorp het klem gelę op uitdagings soos die sosio-ekonomiese toestande van leerders uit veral die agtergeblewe gemeenskap en probleme met vervoer.
Ander dringende behoeftes is intervensies mbt lees- en rekenaarvaardigheid, asook lewensvaardighede. ’n Sakeplan is aan die besoekers vrygestel.
More
News
|