Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Wingerdfees gaan herleef

Paarl Wingerdfees gaan herleef
 
2005-12-14


DIE Paarl Wingerdfees gaan herleef. Die Paarl Rugbyklub het besluit om dié gewilde fees weer volgende jaar aan te bied, op 3 en 4 Maart.

Die doel met die fees is sportontwikkeling, asook gemeenskap- en kultuursake, waarvoor die Lions Klub betrek sal word.

Faurestraat sal soos van ouds gesluit word vir die pretgeleentheid, met wyn- en kosstalletjies te kies en te keur.

Twee musiekfeeste gaan ook as deel van die fees aangebied word.

Onder die kunstenaars is Christo & Cobus, die Campbells, Dozi, Arno Jordaan, Thys die Bosveldklong, drie Idols (Bianca, Gift en Anke), asook die Jesse Jordan band en ander orkeste.

Mense wat belang stel in stalletjies vir die twee dae, kan Frans Smit skakel by 084-207-4444 of 872-3317.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za