Bespreek vir vroue-oggend
2005-12-14
DIE ACVV Wellington bied ’n heerlike oggend vol verrassings op Dinsdag 28 Februarie aan in die Provence-onthaalsentrum. Bespreek nou reeds jou kaartjie en kom luister na die bekende Liesel Krause-Wiid (Mev Wêreld en ook entrepreneur-predikant). Om nog meer luister aan die oggend te verleen, sal daar uitstallings wees van velsorgprodukte, juweliersware, borde, potte, ens. Kom drink ’n koppie tee en kuier saam oor die heerlike eetgoed. Skakel Sandra by 084-593-2301.
More
News
|