Dogtertjie drink pille oor pa
2005-12-14
DIE negejarige dogtertjie het uit vrees vir haar pa se nagtelike besoeke gaan slaap met ’n langbroek deur twee lyfbande vasgegord.
Selfs dit kon nie verhoed dat die besope man sy eie dogter oor twee jaar onsedelik aangerand het nie.
Wanneer sy wakker geword het, was die lyfbande met ’n mes afgesny. Sou sy haar teëgesit het, is sy voor haar jonger sussie geslaan en getrap.
Wanneer sy hulp by haar ma gesoek het, is sy deur die man met bakstene gegooi, geslaan, geskop en teen ’n muur gegooi.
Die meisietjie was tien jaar oud toe sy met ’n mes styf in haar hand geklem, gaan slaap het. Toe die man dié nag oor die bed geleun het, het sy hom in die bors gesteek.
Ook dit het hom nie gekeer nie, en die meisietjie het kort daarna pille gedrink om haar eie lewe te neem.
Die meisie is nou 15 jaar oud en kon ná ses jaar van ondersoek en berading verlede week hoor dat haar aanvaller gestraf is.
Haar 38-jarige pa is in die periode dat daar landwyd ’n veldtog was ter bewusmaking van die seer van gesinsgeweld, tot tien jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis vir poging tot verkragting en onsedelike aanranding.
Erger was dat die beskuldigde dit aan sy eie dogter gedoen het,” het Paarl streekhoflanddros Patrick Ross gesê.
“Dit is ongelooflik dat ’n dogtertjie so ver moes gaan om met ’n mes te slaap, in haar eie huis waar sy eintlik veilig moet wees.
“En dat sy deur soveel trauma gegaan het dat sy selfs wou selfmoord pleeg.
“Mans moet weet as hulle so optree, sal hulle swaar gestraf word,” het ’n duidelik aangedane landdros in sy uitspraak gesê.
* A girl was so terrified by her father’s sexual advances that she slept in a pair of slacks secured by two belts - to no avail, a court heard.
More
News
|