Klein baba baie siek
2005-12-14
SY is nog nie mooi twee en 地 half maande oud nie, maar die kleine Abigail Cloete het reeds twee operasies agter die rug, met nog een moontlik in die vooruitsig.
Baba Abigail is op 27 September in die Paarl gebore met geen suikertelling nie.
Op 29 September is sy per ambulans deurgejaag na Groote Schuur hospitaal.
Sy is gediagnoseer met 地 virus in die bloed, water op die longe, moontlike breinskade en 地 wisselvallige suikertelling.
Die water is van haar longe gedreineer, maar haar bloedsuiker wou nie stabiliseer nie.
Op 12 Oktober het sy 地 vyf ure lange operasie ondergaan in die Rooi Kruis Kinderhospitaal, waartydens 95% van haar pankreas verwyder is.
Later is nog 3% van die pankreas verwyder in 地 tweede operasie. Volgens haar pa, Gerhard, bly Abigail se suikertelling laag en daar is 地 moontlikheid dat die res van die pankreas ook gaan verwyder word. Dit sal beteken dat sy 地 diabeet sal wees.
Abigail se ma, Alta, bly feitlik heeltyd by die kleinding.
Die gesin, wat in Versterstraat in die Paarl woon, het nog 地 dogtertjie, Nikita, wat twee jaar en sewe maande oud is.
Vriende van die gesin het 地 trustfonds gestig om die ouers te help met mediese uitgawes en ook brandstofkostes om haar daagliks te besoek.
Die trustfonds word deur Brits Prokureurs in Bredastraat, Paarl hanteer. Die besonderhede is soos volg: Brits Prokureur Trustrekening, Absa Paarl, Rekeningr 4058027278, takkode 334-210, Verwysing A57/Abigail.
More
News
|