Een week oor vir skenkings
2005-12-14
NOG skole het die hand diep in die sak gesteek vir die Paarl Post Opelugfonds.
Die Laerskool Noord Eind het onlangs vlieërs gevlieg on geld in te samel vir die Fonds en altesame R915,45 ingesamel.
Dit bring vanjaar se insameling op R8703,55 te staan, met net een week oor om skenkings te stuur.
Die Fonds samel jaarlikse fondse in ten bate van opvoedkundige aktiwiteite vir plaaslike behoeftige kinders, wat onder beskerming staan van die ACVV.
Kinders word deur die Opelugfonds betrek by kampe en seminare waar aandag gegee word aan misdaadvoorkoming, gedragsopvoeding en bewusmaking van die gevare van dwelms en Vigs.
Elke skenking, hoe klein ook al, word verwelkom en word in die plaaslike gemeenskap teruggeploeg.
Stuur u bydraes aan Paarl Post Opelugfonds, Posbus 248, Paarl, 7620.
* The Paarl Post Fresh Air Fund which raises funds for educational activities for local children, closes its annual campaign next week.
More
News
|