Jeug vier 50 jaar
2005-03-31
DIE Christelike Jeugvereniging (CJV) van die VGK op Wellington vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar en hulle het ’n groot viering die naweek.
Dit het gister begin met ’n biduurdiens, gelei deur ds Diamond de Vries.
Môreaand is daar ’n speletjiesaand met Danny Fransman en Onnie Thyse aan die hoof. Sondag bring ds Jan Thyse, ’n stigterslid, die boodskap by die oggenddiens.
Dr Hannes Adonis sal ’n mosie van rou vir alle afgestorwe maats waarneem en ds Jan Mettler doen die kanselgebed. Verskeie ander leraars sal ook aan die diens deelneem.
Gawie Adams sal vertel oor die ontstaan van die CJV op 30 Maart 1955, en Jackie Abrahams gesels oor hoe hulle destyds gefunksioneer het.
Alle oud-jeugmaats word na die vieringe genooi. Navrae by Janet Smith (873-5326) of Lida du Plessis (873-7361).
More
News
|