Water spaar of mors?
2005-12-14
HET dit nie tyd geword dat ons besin oor die gebruik van water nie? Ek oorweeg om my sypaadjie te laat teer - maar wat ’n gesukkel om inligting by die munisipaliteit te kry!
Ek bel die Wellington-kantoor en praat met “navrae”. “Navrae” beveel aan dat ek Paarl moet kontak, wat my deurskakel na die ingenieursafdeling.
Dié sit my deur na mnr Appollis wat my verduidelik hoe ek te werk moet gaan, want ek moet deur Newton se raadslid werk. Maar wie is die raadslid?
Ek begin weer by Wellington, toe Paarl, toe die verkiesingsafdeling (IEC), toe terug na die skakelbord, wat my na die burgemeesterskantoor deurskakel.
Terug na die IEC, waar geen antwoord is nie, terug na die Paarl skakelbord, terug na Wellington. Sy sal my laat weet, en neem my nommer.
Na 40 minute bel ’n dame en deel my mee dat sy onder korreksie praat, maar sy dink ’n sekere mev Smith is Newton se raadslid. As ons darem so moet rondval vir inligting kan onse gras maar water drink na hartelus, mors of nie.
Charles Osborne
More
News
|