Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diemersfontein mooiste

Diemersfontein mooiste
 
2005-12-14


DIEMERSFONTEIN is die mooiste, aldus die Wellington Verfraaiingskomitee.

Dié gastehuis en wynmakery is vanjaar se wisseltrofee-wenner vir die sakeperseel wat die grootste indruk gemaak het ten opsigte van sy algehele voorkoms.

Vorige ontvangers van die wisseltrofee was die Oasis Padstal (nou Vercelli), DGB, Provence Onthaalsentrum en Windmeul Hersteldienste.

Sakepersele word regdeur die jaar geevalueer, met die finale beoordeling wat in Oktober plaasvind.

Goue, silwer en brons sertifikate in die kategorieë vir klein, medium en groot sakepersele word jaarliks aan verdienstelike sakepersele gemaak.

Diemersfontein was vanjaar ook een van die ontvangers van ‘n goue toekenning in die kategorie vir groot sakepersele, saam met Distell, Provence, Vercelli, Pacmar en Paarlvallei Botteleringsmaatskappy. Florida Padstal is ‘n nuweling in hierdie kategorie.

DGB het silwer ontvang, en Windmeul Hersteldienste, nuweling Boland Bins en Anderson Transport het brons sertifikate verwerf.
In die afdeling vir mediumgrootte persele het goue sertifikate gegaan aan Vinbott, SAD, Redemption en Kerkstraat 41 (Basson Skoene Kompleks), silwer aan Dripco en Wellington Tyre and Exhaust, en brons aan Boland Drukpers en Onverwacht Restaurant.

Die goue sertifikaat ontvangers in die afdeling vir klein sakepersele was Global Directive Marketing en Jean-Nic Investment Enterprises wat albei in die industriële gebied lê.

Silwer het gegaan aan Dawie’s, Deli Licious en die Malan-Smit Arkade, met die Bell Inn wat brons verdien het.

Spesiale toekennings word ook sedert verlede jaar gemaak aan individue wat in die historiese deel van Wellington besonderse moeite maak om hul eiendom sinvol te restoureer of ‘n nuwe woning in ‘n gepaste styl op te rig.

Vanjaar het hierdie toekennings gegaan aan Conrad en Louise Conradie vir die woning op die hoek van Burg- en Fonteinstraat, André en Carinda Smit vir Bainstraat 38 se verbouings, en Pieter Theron van die Write Shoppe in Kerkstraat wat besonderse moeite gedoen het om die Art Deco styl van die gebou uit te lig.

Ook Kobus Meintjies se ontwikkeling van Pentzstraat 92 as ‘n eenheid van ou en nuwe geboue, Rudolf Prins se verbetering van Prinshof in Hoofstraat 35, en Sunelle Lategan se ‘Elle dekorwinkel is vereer.

* Diemersfontein wine estate has been honoured with the award for most attractive business site in Wellington’s annual gardening and beautification awards.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za