Cobras sis in Paarl
2005-12-14
KRIEKETGEESDRIFTIGES kan Sondag hul verlustig in goeie krieket wanneer die Cape Cobras en die Mercedes Warriors mekaar op Paarl die stryd aansê.
Die wedstryd begin om 10:00 op Boland Park Stadion en hekke open reeds om 08:30.
Kaartjies is R40 vir pawiljoensitplekke en R20 (volwassenes) en R15 (o.16 jaar) op die graswalle. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en Boland Park of Nuweland.
More
News
|