Paarl-Oos lê goed op punteleer
2005-12-14
KYK mense na die huidige stand van sake op die punteleer van die Boland se Premier-liga, is dit duidelik dat Paarl-Oos Krieketklub ’n krag is om mee rekening te hou.
In beide die liga’s vir die eerste en tweede spanne, soos bepaal voor verlede naweek se wedstryde, lê Paarl-Oos in die tweede posisie. Paarl-Oos se eerste span het 93 punte en lê ’n kortkop agter Brackenfell op 99 punte. Die Paarliete spog met ’n gemiddeld van 10,3 teenoor die Brakke se 11.
Die volgende plaaslike span wat hul verskyning op die punteleer maak, is Wellington, in die vierde plek met 95,5 punte en ’n gemiddeld van 9,6.
Young Peoples lê tans in die sewende posisie met 75 en 8,3, terwyl verlede jaar se klubkampioene, Paarl (63 punte, 7), in die 11de plek lê.
Die plaaslike klub wat die laagste posisie op die punteleer beklee, is Bergrivier Krieketklub (57, 6,3) op nommer 13 gevolg deur Pniel Coronation met 43 punte en ’n 6,1 gemiddeld.
Onder die tweede spanne is Paarl-Oos weer die top plaaslike span, met 65 punte en ’n 10,8 gemiddelde in die tweede plek.
More
News
|