Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos veg hard in lopie-droogte

Paarl-Oos veg hard in lopie-droogte
 
2005-12-14


LOPIES was so skaars soos hoendertande toe die eerste krieketspanne van Paarl-Oos en Vredenburg/Saldanha Saterdag op New Orleans mekaar die stryd aangesê het.

Die tuisspan se skitterende boulvertoning lei daartoe dat die Weskus-span vir ’n skamele 71 uitgeboender word in die 25ste beurt.
S Faure (22 4x4) en H Lindique (15 6x1) was die enigste kolwers wat dubbelsyfertellings kon aanteken.

Craig Abrahams (5/31 in 8bb) het die ruggraat van die besoekers se kolforde uitgeruk.

Abrahams en Hillroy Paulse (3/16 in 9bb) se kort blitsballe het die kolwers behoorlik laat rondtrippel en die veld van genoeg vangkanse voorsien.

Zynodien Fredericks (1/20 in 7bb) en Waylain September (1/2 in 1) se ekonomiese beurte het ook tot Vredenburg/Saldanha se ondergang bygedra.

Die Paarliete het egter ietwat verwaand geraak en wou die klein teiken vinnig behaal.

’n Eksperiment om ’n paar moker-manne hoër op in die kolforde te skuif, het nie vrugte afgewerp nie. Paarl-Oos het heelwat paaltjies verloor, maar slaag nietemin daarin om in die 22ste beurt die wenlopies te slaan.

Tiaan Cloete (25 4x3), Jackie Daniels (15 4x3) en September (13 4x1) het die hoogste tellings aangeteken.

A Lindique (2/22 in 6bb) was die besoekers se beste bouler.
Op Saldanha was daar weer ’n fees van lopies met Paarl-Oos II wat daar 289/5 aangeteken het.

Drie vyftigtalle is deur Mario de Kock (66 4x8, 6x2), Randall George (59 4x6, 6x1) en Wilton van Neel (50nun 4x5, 6x1) aangeteken, terwyl Shaun Cuttings (43 4x3), en Jarod Cupido (30 4x5) ook goed help bou het aan die totaal.

Die tuisspan jaag die lopies goed danksy die blink-beurt van J Adams (125 4x8, 6x5). Toe sy paaltjie val was dit die begin van die einde en die Weskussers word vir 249 uitgehaal.

G Ruiters (37 4x3, 6x1) en C Thomas (34 4x3) het ook goed gekolf.
Koos Liebenberg (5/43 in 11bb) het vir die tweede agtereenvolgende week vyf paaltjies platgetrek, terwyl Justin Watts (3/66 in 13bb) ook die kolwers gekasty het.

Die derde span se wedstryd teen Oostelikes is nie gespeel nie, weens sekere spelers se werksverpligting.

Paarl-Oos Krieketklub se bestuur het egter Boland gevra of dié wedstryd nie Vrydag gespeel kan word nie.

Die klub se derde span lê in ’n goeie posisie op die punteleer en nog ’n paar punte kan hulle tot bo-aan die punteleer skiet.

Die eerste span speel Vrydag op Kraaifontein teen Oostelikes, terwyl die tweede span in die Paarl speel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za