Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kolfwerk kelder Paarl

Kolfwerk kelder Paarl
 
2005-12-14


SELFS ’n kliniese boulvertoning kon nie Saterdag Paarl se kolf-kopseer op die Idasvallei-veld in ’n sege omtower nie.

Stellenbosch/Distrikte wen die loot en stuur Novel Paarl in om te gaan kolf.

Paarl verloor sy eerste paaltjie in die sewende beurt ná ’n aanvangsvennootskap van 28 lopies en daarna begin dinge skeefloop.

Hulle word in die 36ste boulbeurt uitgehaal vir 123. Ultalyn Ernstzen (21 4x4) en Lynal Jansen (27 4x2) is die enigste kolwers wat lopies kry.

Vir die tuisspan het Morné Arendse (3/31), Tyrone Williams (4/46) en Lester Smith (3/19) die besoekers se sterte behoorlik geknoop.

Paarl se openingsboulers Clint Philander en Ultalyn Ernstzen beperk die kolwers van die staanspoor tot minder as twee lopies per boulbeurt.

In die 14de boulbeurt slaan Ernstzen toe en neem twee paaltjies, met die telling op 22/2. In sy volgende boulbeurt neem hy nóg twee paaltjies om Distrikte op 22/4 te laat steier.

In die 22ste boulbeurt is die tuisspan behoorlik op die agtervoet toe Ernstzen weer toeslaan en die telling 29/6 maak.

Searle Cornelissen en Damian Telemachus (16 4x2) sorg vir ’n vennootskap van 37 lopies om die tuisspan op koers te hou vir ’n oorwinning voordat die sewende paaltjie in die 31ste boulbeurt kantel.

Tyrone Williams (24 4x2) voeg hom by Cornelissen en teken 33 lopies om die agste paaltjie aan.

Toe die negende paaltjie in die 48ste boulbeurt op 105 kantel, was die wedstryd op ’n mespunt gebalanseer.

Cornelissen (44nun 4x4) met ’n onoorwonne kolfbeurt sorg egter dat die wenlopies in die 56ste boulbeurt geslaan word.

Vir Novel Paarl het Ernstzen met boulsyfers van 6/27 in 15 boulbeurte byna die onmoontlike vir die Paarliete vermag.

Die tweede spanne se wedstryd op die Parysveld het ’n fees van lopies opgelewer.

Paarl teken ’n allemintige 361/7 aan.

Die groot kanon was Marco Walters wie se onoorwonne 160 van 172 balle 17 grenshoue en vier sesse ingesluit het. Ander uitblinkers was Wade Anderson (41 4x5), Hein Adonis (41 4x3, 6x1) en Wayne Minnies (2/49 in 15bb).

Stellenbosch & Distrikte teken 268/5 aan.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za