Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Atletiek boesem vertroue in

Boland Atletiek boesem vertroue in
 
2005-12-14


ATLETIEKKLUBS in die Boland het onlangs hul tevredenheid met die huidige verloop van sake in dié provinsie duidelik laat blyk toe die raad van Boland Atletiek grootliks onbestrede herkies is.

Benewens die herverkiesing van die president en onderpresident, dr Harold Adams en Pieter Lourens, is Godfrey Hammers (tesourier), Eric Adams (sekretaris), Emily Pienaar (Baan en Veld Kommissie), Karel Liebetrau (Padwelope Kommissie), Wilfred Daniels, Ronel Beukes (albei addisionele lede) en Noel Daniels (Meesters) ook weer tot hul ampte herverkies tydens Boland Atletiek se algemene jaarvergadering wat vroeër vandeesmaand gehou is.

Dié lede sal dan ook voortaan vir vier jaar in die posisies diens doen, pleks van die gewone twee jaar termyn.

Tydens sy Presidents-verslag het dr Adams ge-noem dat daar tans baie veranderinge in Suid-Afrikaanse sport plaasvind en dat die Raad langer tyd nodig het om al die veranderinge in sy eie geledere aan te bring.

In die lig van dié baie veranderings wat nog in Boland Atletiek se strukture moet plaasvind, het Adams die lede van Boland Atletiek gevra om nie nuwe kommissies vir Baan en Veld, Padwedlope of Landloop te kies nie, maar te wag totdat daar meer duidelikheid is oor hoe die provinsie se strukture bedryf gaan word in die nuwe bedeling.

Al 60 klubverteenwoordigers het die voorstel eenparig goedgekeur en daar is besluit om tydens ’n spesiale jaarvergadeing binne die volgende jaar nuwe kommissies te kies sodra daar meer duidelikheid is oor hoe die nuwe bedeling gaan werk.

Adams het die lede van Boland Atletiek gevra om die dienstydperk van die Raad te verleng na vier jaar. ’n Versoek wat eenparig deur die vergadering goedgekeur is.

Volgens Adams beleef Boland Atletiek tans ’n ongelooflike bloeitydperk wat hoofsaaklik toe te skryf is aan die stabiliteit wat daar tans in Boland Atletiek heers.

Die Boland-atlete het vanjaar meer as 60 medaljes op nasionale vlak gewen en verskeie atlete, afrigters en administrateurs het Suid-Afrika op internasionale vlak verteenwoordig.

Dr Adams is dan deur SASCOC aangestel as hoof van die mediese komitee wat die SA-span vir die 2006 Statebond Spele moet voorberei.

Terselfdertyd het Boland Atletiek gedurende die 2005 seisoen meer as 60 byeenkomste en meer as 20 ontwikkelingsgeleenthede gereël om te verseker dat soveel moontlik atlete kompetisie-geleenthede het. Gevolglik het meer as ’n kwart miljoen atlete vanjaar die geleentheid gehad om aan projekte van Boland Atletiek deel te neem.

Boland Atletiek se 2006 atletiekseisoen beloof om nog groter hoogtes te bereik. Die Boland gaan volgende jaar die gasheer wees van drie nasionale en internasionale byeenkomste met die Baan- en Veld-toets tussen Afrika en Amerika vanaf 14 tot 15 April op Coetzenburg as die hoogtepunt.

Nuwe gesigte op die raad is dié van Mike Fraser van Dwarsrivier AK wat as addisionele lid verkies is in die plek van Pieter de Villiers wat weens werksverpligtinge nie weer kon staan nie.
Die enigste bestrede posisie op die Boland Atletiekraad was die setel as Landloop-voorsitter.

Chris Davids, die huidige voorsitter is deur Faezal Karriem (Worcester Atletiekklub) en David Koopman (Ceres Atletiekklub) teengestaan.

Karriem het met ’n meerderheid stem, die nuwe Landloop Voorsitter van Boland Atletiek geword.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za