Gala-aand vir studente
2005-12-14
DIE Paarl se Bybel Opleidingsentrum het onlangs gesluit vir die jaar met ’n gala-aand waar 51 studente hul onderskeie Sertifikate en Diplomas in Bediening ontvang het.
Daar was ook vanjaar twee studente wat die Graad in Bediening suksesvol voltooi het.
As u ’n roeping op u lewe het, moet u beslis die registrasie-aand op Dinsdag 17 Januarie bywoon.
Klasse word Dinsdagaande aangebied by die Lig en Lewe Sentrum in Rosestraat, Paarl en sal op 31 Januarie begin.
Kontak Denmarié Young by 872-4102 (tuis) en 872-3437 of pastoor Henry Young (083-452-6942) vir meer inligting.
More
News
|