Sport Dagboek
2005-12-21
Riverstones Rugbyklub is dringend op soek na ’n afrigter vir sy eerste rugbyspan vir die 2006 seisoen. Belangstellendes kan ’n CV van twee bladsye aan Howard Heneke faks by 862-0203 of hom skakel by 072-136-0881 vir verdere navrae.
* Young Gardens Rugbyklub hou sy bekeruitdeling en Piekniekdans op Maandag 26 Desember om 19:00 in die Hugenote Gemeenskapsaal. Die orkes Elginaires, met die Idols-wenner Karin Kortjé, sal die vermaak verskaf. Toegang is R50 en kaartjies is te koop by die klubbestuur. Navrae: Chrisbin 082-713-5973.
More
News
|