Paarl-atlete presteer
2005-12-21
VERSKEIE middelafstandatlete van die Paarl het Vrydagaand tydens die Engen Uitnodigingsbyeenskoms in Parow getoon dat hulle gereed is vir die nuwe 2006-seisoen.
Charles Jantjies, wat tans oefen om vir die 2006 Statebond Spele-span te kwalifiseer, het die 800m vir mans gewen in ’n indrukwekkende tyd van 1:49.61. Hy het in die proses afgereken met die Olimpiese atleet, Werner Botha wat tweede was in ’n tyd van 1:49.86.
In die B-wedloop het Lenton Kalase gemaklik klaargespeel met sy teenstanders en geseëvier in die 800m in ’n tyd van 1:55.05. In die 3000m vir jeugatlete het Henrico Rooi 5de gekom met ’n persoonlike beste tyd van 8:36.3.
Nog ’n prestasie vir die Paarl, was die jeugatleet, Jo-ann Williams wat derde geeïndig het in die 3000m-stap vir senior vroue in ’n tyd van 17:09.5.
Keenan Watson, nog ’n plaaslike jeugatleet, het self die skare verras toe hy in die verspring 2de ge-eindig het ná die huidige Suid-Afrikaanse senior kampioen en rekordhouer, Godfrey Mokoena.
More
News
|