Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos seëvier oor Oostelikes

Paarl-Oos seëvier oor Oostelikes
 
2005-12-21


PAARL-OOS het die laaste krieket liga-wedstryd teen Oostelikes van Kraaifontein, met 62 lopies in die Paarl gewen.

Oostelikes het die loot gewen en Paarl-Oos ingestuur om te kolf.
Die kolfbeurt het maar wankelrig begin, maar die manne het hulself reggeruk en ernstig begin kolf.

Dié wat dubbeltellings gekry het, is Ashley Pedro. Hy het 31 lopies aangeteken, met 3 viere ingesluit. Roswin Jephtha kry 55 lopies nie uit nie, wat ses viere insluit. Waylon September kry 22 lopies wat een groot ses insluit.

Die kaptein Jackie Daniëls, teken 51 lopies aan wat 7 viere insluit. Paarl-Oos se totaal is 192 vir 5 paaltjies na 60 beurte.

Die beste bouler van Oostelikes was B Cupido met 2 vir 43 lopies na 13 beurte, gevolg deur L da Silva wat ook twee paaltjies kry vir 28 lopies na 15 boulbeurte.

Oostelikes gaan kolf en kry 130 lopies almal uit. Die manne met dubbeltellings, is L da Silva met 33 lopies en 4 viere. N Visagie kry 22 wat 3 viere insluit en B Cupido kry 32 lopies wat ook 3 viere insluit.

Die beste boulers vir Paarl-Oos was Hilroy Paulse wat 3 paaltjies vir 28 lopies na 10 boulbeurte neem.

Craig Abrahams neem 2 vir 25 na 12,3 boulbeurte en die man wat die grootste skade aangerig het, was Waylon September wat 4 vir 42 na 15 boulbeurte neem.

Die 2de span sou tuis gespeel het teen Oostelikes II, maar die besoekers het nie opgedaag nie. Hierdie was die laaste wedstryd vir 2005, en wedstryde begin weer op 7 Januarie.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za