Top fietsryers se wiele gaan sing
2005-12-21
FIETSRYERS van dwarsoor Suid-Afrika is tans besig om gereed te maak vir die jaarlikse Gesinsdag-byeenkoms wat Maandag 26 Desember by die Faurestraat stadion in die Paarl gehou word.
Dit is die 108ste byeenkoms en na verwagting sal 87 van die land se top-fietsryers deelneem.
Top name soos Nolan Hoffman, Garth Thomas, Ivanhoe Siebrits en Réniell Matthyson sal fietsry-entoesiaste met hul talente vermaak. ’n Voorste Belgiese jaer, Crispin Fourie, en die Australies-gebaseerde fietsryer, Reynold Smith, sal ook teenwoordig wees.
Verskeie wedrenne sal deur die loop van die middag plaasvind, met die hoogtepunte die 1-myl en 25-myl uitnodigingswedrenne.
Verlede jaar se 25-myl wenner, Nolan Hoffman, sal sekerlik weer eens ’n aanspraak maak op dié gesogte titel.
Twee spesiale wedrenne word ook vir beginners gehou.
Die byeenkoms begin om 14:00 en die hekke open reeds om 12:00. Kaartjies is R15 vir die hoofpawiljoen en R10 vir die walle.
Die dag behoort prop- vol pret vir die hele gesin te wees en enige navrae kan gerig word aan Hein Kroff by 082-456-0145.
More
News
|