Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dawie staan al nader

Dawie staan al nader
 
2005-12-21


DIE Paarlse gholf-sensasie, Dawie van der Walt, het die afgelope naweek met die groot manne gekompeteer by die SA Ope wat op Fancourt by George gehou is.

Van der Walt is tans ’n student aan Lamar Unvirsiteit in Texas, waar hy 38ste staan op die amateur ranglys. Die Paarl Gholfklub, waar hy nog lid is, het sy vliegkaartjie geborg.

Alhoewel van der Walt nie gekwalifiseer het vir die naweek se rondes nie, het hy steeds onder die omstandighede ’n puik vertoning gelewer.

Hy het Donderdag met +9 geeindig, en Vrydag na ’n baie goeie ronde +2 gehaal. Sy algehele stand was +11.

Sy pa Dawie sr, het gesê dat die baan ‘n uiters moeilike baan is en hy was trots op sy seun se vertoning.

“Net vier van die professionele spelers het onder baansyfer gespeel. Dawie het onder die moeilike omstandighede baie goed gespeel.”



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za