Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seehengelaars se stokke trek sekel

Seehengelaars se stokke trek sekel
 
2005-03-31


DIE Paarl Kushengelklub het albei die ligabyeenkomste gewen wat onlangs op Struisbaai gehou is.

Die Paarlse A1-span was die wenner van altwee dae. Onder die Paarl hengelaars het Dean Southey die beste gevaar nadat hy drie vlinderrôe uitgetrek het.

In die tweede plek was Okkie Gerber met een vlinderrog gevolg deur Jean Louw ook met ’n vlinderrog.

Verlede naweek het die Paarl A1-span weer gewen met ’n totaal van 306,8 punte.

Die Paarlse A2-span was tweede algeheel met 300,8 punte. Southey was weer die top Paarlse hengelaar met ’n skeurtandhaai van 100kg en drie vlinderrôe, Johan Malherbe was tweede met 25 sandhaaie en Willie Southey was derde met ’n skeurtandhaai van 105kg.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za