Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wakende oog bring veiligheid

Wakende oog bring veiligheid
 
2005-12-21



DIE polisie op Wellington het ’n baanbreker projek op die been gebring, deurdat hulle ’n mobiele polisiestasie in ’n landelike gebied staan gemaak het.

Die projek is tans op die plaas Modesto gevestig waar ’n mobiele karavaan as polisiekantoor dien.

Die doel met die projek is om die landelike gemeenskap ’n gevoel van veiligheid te gee, asook om hulle op te voed teen die gevare van drank- en dwelmmisbruik.

Konst Natasha Swartz, projekbestuurder, sê daar is ’n geweldige probleem met dwelm- en drankmisbruik in die landelike gebiede, wat tot geweld lei, veral teen vrouens en kinders.

“Kinders begin drink reeds so vroeg as 12, want dit is die voorbeeld wat hulle ouers vir hulle stel.

“Van ’n vroeë ouderdom af word hulle alleen gelaat terwyl hulle ouers aan die drink raak.”

Swartz gaan ook die probleem in dié gebied aanspreek oor kinders wat versuim om skool toe te gaan.

Sy is in die proses om ’n bewaarskool op te rig, en die plaaslike kinders sal aangemoedig word om ná skool hul huiswerk hier te kom doen.

Tans is die karavaan oor naweke operasioneel en word deur lede van die reserviste beheer.

Kont Swartz sê wanneer die Modesto gebied onder beheer gebring is, sal ander probleemareas geïdentifiseer word en die mobiele eenheid sal dan daarheen trek.

Sy moedig boere aan om haar te skakel indien hulle voel dat hul gemeenskap sal baat uit die mobiele eenheid.

Sy kan gekontak word by 073-376-4397.

Hierdie projek is die eerste van sy soort in die Drakenstein-gebied.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za