Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wees versigtig in feesseisoen

Wees versigtig in feesseisoen
 
2005-12-21


’n BRANDWEERWA is Vrydagaand verinneweer, toe ’n voertuig na bewering teen ’n geweldige spoed oor ’n stopstraat gejaag en teen die sy van die wa gebots het.

Die voorval het om 21:00 plaasgevind by die kruising van Oosbosch- en Drommedarisstraat.

’n Wit Ford Laser het na bewering vanuit Drommedarisstraat gekom en teen die brandweerwa gebots. Die wa het op sy rug beland weens die geweldige slag.

Die brandweer was onderweg na ’n veldbrand toe die voorval plaasgevind het.

Twee brandweerbeamptes is beseer en na die Paarl Medi-Clinic geneem vir behandeling.

Edmond Rainier het ’n gebreekte rib opgedoen, en Shane Phillips moes steke in sy been ontvang.

Die insittendes van die Ford Laser, Adri de Wee, Rachel Pietersen, Norma Vaaltyn en Hendrik van Wyk is met ligte beserings na die Paarl Hospitaal geneem.

’n Klag van nalatige en roekelose bestuur word teen die bestuurder van die voertuig ondersoek, en volgens polisiebeamptes is leë drankbottels binne die voertuig gevind.

Die polisie wag tans vir die resultate van die bestuurder se bloedtoets om vas te stel of ’n klag van bestuur onder die invloed van drank ook teen hom gemaak sal word.

* In nog ’n ongeluk is ’n man en kind Donderdag beseer toe twee voertuie deur ’n blou VW Golf getref is in Drakensteinweg.

Die blou Golf het in die rigting van Van Riebeeckrylaan gery en het teen ’n rooi Datsun gebots.

Die Datsun is teen ’n wit Ford bakkie geslinger. Hierna het die Golf gerol en op sy rug tot stilstand gekom.

Die vier jong mans wat in die voertuig was, het ongedeerd uit die Golf geklim en weggehardloop.

Hulle het egter kort daarna na die ongelukstoneel teruggekeer om die polsie se vrae te beantwoord.

Twee insittendes van die Datsun, Lefred Adams en sy seun Ludwig (3) is met beserings na die Paarl Hospitaal geneem.

’n Woordvoerder van die Verkeersdepartement, Desmond Andrews, het die publiek gemaan om gedurende die feesseisoen uiters versigtig en oplettend op die paaie te wees.

Hy het gesê dat meer as 50 ongelukke reeds sedert die begin van die skoolvakansie in die Drakenstein-gebied plaasgevind het.
Hy het gevra dat motoriste op die volgende moet let:
- moenie drink en bestuur nie;
- gehoorsaam die spoedbeperkings en padreëls;
- moenie bestuur terwyl jy op jou selfoon praat
nie; en wees geduldig op die pad.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za