Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Almal kan wen

Almal kan wen
 
2005-12-21



IN vermoedelik die enigste kompetisie van sy soort in die land, het Drakenstein Munisipaliteit verlede week ’n totaal van R157 000 uitgedeel aan getroue rekeningbetalers.

“Ons sukkel al lank met opgehoopte skuld,” het burgemeester Herman Bailey verlede Woensdag by die prystrekking gesê.

“Ons het alles probeer - pak gee, straf, dienste afsny - maar niks het regtig gehelp nie.
“’n Mens kan ook nie sê ons moet net vergeet van die skuld of dit afskryf nie.”

Bailey sê hulle het nou met ’n kombinasie vorendag gekom, ten einde betaling maklik en aanloklik te maak vir mense.

“Ons wil bydra daartoe om mense deel te maak van die betaalkultuur.”

Hulle wil egter ook na getroue betalers kyk en daarom is pryse in twee afdelings ingestel.

“Ons het twee groepe betalers: Die eerste is die gereelde betalers, wat in die vermoë is om dit te kan doen. Die tweede groep is diegene wat nie kan betaal nie, as gevolg van verskillende redes.”

Bailey sê daar is ook gekyk na wat dit die raad kos om ongeïnde geld in te samel en om voorsiening te maak vir die miljoene rand skuld.

Uiteindelik is daar besluit om R52 miljoen af te skryf van skuld wat nie inbaar is nie.

“Daar bly nog groot skuld oor en daar is besluit om dié mense op ’n rand tot rand grondslag tegemoet te kom as hulle sou begin betaal.
“Ek is dankbaar om te sê die eerste aanduidings lyk baie belowend.”
Terug by die groot aand en dertien gelukkige trekkings word gedoen van mense wat die aand bygewoon het.

Verskillende besighede het hul hand in die sak gesteek om dit moontlik te maak.

Dan is dit tyd vir die eerste groep rekeningwenners - die nuwe betalers.

Eers word 15 name getrek wat elk R100 se krag ontvang. Dan volg die wenners van die R500, R1000, R1500 en R2500.

Nie een van die wenners is teenwoordig nie, maar oral word daar bespiegel oor moontlike, vriende, familie of kennisse se name.

Nou word daar by die groot kanonne gekom - diegene wat gereelde betalers is. Die opwinding is groot, want almal het by die splinternuwe R100 000-motor verbygestap waarmee die wenner huis toe gaan.

Senutergend stadig word die name getrek: R4000, R8000, R13 000, R25 000 en dan die eerste plek!

Rowena Joemat van Wellington is die wenner en almal hou asem op terwyl die burgemeester haar skakel om die goeie nuus mee te deel.
Later vertel sy: “Ek dog iemand trek my been.”

Salig onbewus van die trekking in die Paarlse stadsaal, kan sy haar ore nie glo as die burgemeester haar meedeel dat hy en ’n verkeersman haar kom haal nie.

Wat sy toe nog nie geweet het nie, is dat ’n kameraman van SABC2 ook in die motor is en dat die res van Drakenstein die volgende oggend op Morning Live haar vreugde sou aanskou.

Rowena sê dit is die eerste keer in haar lewe dat sy iets wen.
Die volgende trekking sal einde Maart wees. So betaal u rekening en word ’n wenner.

Hier is die wenners van die verskillende kategorieë:
1) Tweede kategorie (Uitstaande maar huidige rekening opbetaald):
5de prys (R100- elektristeitskoepons): WA Davids 110 544 600 557; AJ Mars 180 955 500 001; J Dalvey 210 676 900 007; Y Maphutse 230 164 300 009; JW Daniels 190 909 600 008; GA Arends 160 609 700 009; A Noordien 160 592 100 006; A Louw 271 678 000 005; C Jansen 190 777 400 007; Longdrive Property Investment CC 82 602 800 004; P Malgas 151 057 802 942; IE Thyse & White 30 192 200 007; B Brandt 10 187 600 003; NM Wambi 230 159 000 002 en L Albanie 230 181 600 010.
4de prys (R500): J Jacobs 172 303 500 014.
3de prys (R1000): D Vaughan 291 019 315 212.
2de prys (R1500): M Williams 281 019 301 766.
1ste prys (R2500): L Albanie 230 181 600 010.
Eerste kategorie (Geen uitstaande skuld en ten volle betaald):
5de prys (R4000): MY Sonday 290 524 100 012.
4de prys (R8000): Defacto Investments (Pty) Ltd 60 026 200 019.
3de prys (R13 000): E de Vries 210 540 000 004.
2de prys (R25 000): AW Abrahams 190 734 500 001.
1ste prys (motor van R100 000): R Joemat 180 964 900 014.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za