Kaap Agri betaal dividend
2005-12-21
KAAP AGRI, die nuwe landboumaatskappy wat tot stand gekom het deur die amalgamasie van WPK en Boland Agri, het pas sy eerste dividend vir die finansiële jaar tot September 2005 verklaar. Die dividend van R15 miljoen, wat neerkom op 7,5 sent per gekoppelde aandeel, sal, indien bekragtig op die algemene jaarvergadering op 17 Februarie, uitbetaal word.
Die lederegister vir aandele om in aanmerking te kom, sluit op 13 Januarie.
Die jaarvergadering vind op 16 Februarie plaas en finansiële jaarstate en kennisgewings sal op 25 Januarie aan aandeelhouers gepos word.
Vir navrae, kontak James Matthee by (022) 482-8000.
More
News
|