Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Gardens verras in Paas-rugbytoernooi

Young Gardens verras in Paas-rugbytoernooi
 
2005-03-31


DIE manne van Young Gardens het vriend en vyand die naweek verras toe hulle vir Young Peoples in die eindstryd van die Paasfees Rugby Bonza-toernooi op Gardens Park geklop het.

Gardens het die Tiere 23-18 geklop nadat hulle drie drieë teenoor die twee van Peoples gedruk het.

Die wedstryd het teen ’n vinnige tempo begin met albei spanne wat gretig was om die bal wyd te speel.

Ondanks Peoples se swaarder pak voorspelers het Gardens daarin geslaag om meer effektiewe aanvalle te loods en teen rustyd het hulle 15-6 voorgeloop.

’n Insinking in Gardens se spel het egter die Tiere toegelaat om binne trefafstand van ’n sege te kom, maar die Rooi Rose se verdediging hou om ’n sege te verseker.

Ashley Jacobs, Craig Johnson en Christopher Williams het vir Gardens in die doelgebied gaan kuier, terwyl Manie Adams en Ben Martin dieselfde vir die Tiere gedoen het.

Jeremy Koukom het vir Gardens met twee strafskoppe en ’n doelskop geslaag.

Vir Peoples het Evert Jacobs en Thysie Pietersen onderskeidelik twee strafskoppe en ’n doelskop tussendeur die regoppale gejaag.
Peoples se Glenver Kimber het met die titel van speler van die toernooi weggestap.

In die plaateindstryd het Paarl Violets en Evergreens sake uitgespook.

Evergreens wat in die Landelike Rugby Unie speel, was egter met 18-9 te sterk vir Violets.

Alister Willemse en Adrian Jacobs het Evergreens se drieë gedruk, terwyl Neil Julies in die kol was met twee strafskoppe en ’n doelskop.
Julies is dan ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Violets se punte was almal danksy die skopvoet van Mervin Pietersen wat drie strafskoppe oorgeklits het.

Uitslae van ander wedstryde wat tydens die toernooi gespeel is, is: Manning Rangers k Gardens B 26-12, Young Peoples B k Manning Rangers B (10-8).

* Young Gardens speel Saterdag tuis sy eerste groep drie wedstryd teen Riverstones.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za